Eter (Grieks: αἰθήρ) as ’n klassieke element verwys na die streek van die heelal bo die ondermaanse sfeer.[1] Die begrip is in verskeie teorieë gebruik om verskeie natuurverskynsels te verduidelik, soos die beweging van lig en swaartekrag.
In die laat 19de eeu het fisici gemeen eter strek deur die hele ruimte en verskaf ’n medium waardeur lig in ’n vakuum kan beweeg, maar bewyse vir so ’n medium is nie gevind nie en die resultaat is vertolk as dat geen so ’n liggewende eter bestaan nie.[2]